Heinrich and Cindy Genis

21 January 2012

Married on Sat, Dec 3rd 2011 at Kleine Zalze

 

Bride: Cindy
Groom: Heinrich
Wedding date: Sat, Dec 3rd 2011
Venue: Kleine Zalze - Western Cape

Heinrich en Cindy Genis Troudatum 3 Desember 2011 Ons droom verhaal: Op een van ons besige studente aande het ek en Heinrich mekaar gewaar! Hy was uit saam met sy vriende terwyl ek vir my vriendinne gewag het by die tafel om huis toe te gaan. Die man met die mooiste blou oë en breë glimlag kom sit toe langs my, hy het my asem weggeslaan in die eerste paar sekondes. Hy het my daardie aand gesê dat hy wel met my eendag sal trou en hy my altyd sal oppas. Ek het dit net afgelag en nooit besef dat dit “love at first sight” regtig bestaan nie. Hy is toe die volgende oggende Amerika toe om te gaan boer. Agt maande later het hy my kom haal en twee jaar daarna het ons verloof geraak. Ons ken mekaar nou al 2 jaar en 9 maande, maar 8 van daardie maande het ons kontak gehou, omdat hy oorsee was. Heinrich is ‘n aartappel boer op Aurora en ek hou nou skool vir graad 2’s ook op Aurora. Dit is ‘n klein dorpie met nie meer as honderd mense nie. (ongelooflik mooi). Ons altwee lewe ons drome uit in ons beroepe en ondersteun mekaar geweldig as dit druktyd raak. Heinrich is mal oor motorfiets ry. Hy sê altyd dis die vry gevoel op ‘n fiets wat hom elke dag daarna verlang. Ek hou van “scrapbooking” dis so lekker om herinneringe in eenboek te sit en te versier. Ons is mal oor kamp en nuwe plekke ontdek. (Ons het selfs ‘n klein gedeelte van ons trougeldjies op ‘n tentjie spandeer en ons eerste aandjie na ons troue het ons die tent op die gras voor die huis opgeslaan en daarin geslaap. LEKKER LAF!!) ‘n Gelukkige huwelik bestaan uit geloof, hoop en liefde en die grootste hiervan is LIEFDE! 1 korinthiërs 13 Dis so pragtig om te weet deur die drie eienskappe te hê in jou huwelik en dit werklik toe te pas; ervaar jy die ongelooflikste gevoelens vir mekaar. Ons lag elke dag saam en gesels oor goed wat ander sal dink simpel is. Ons is mekaar se beste vriende en ons weet dat ons mekaar se sewe sakke sout saam sal opeet. Ons is geduldig met mekaar en verdra mekaar. Ons is nie selfsugtig nie en deel graag alles met mekaar. ONS IS ONVOORWAADELIK LIEF VIR MEKAAR!!!!! Met al die maak ons ‘n ongelooflike span saam.

View all entries | Enter the competition

 
 

Gallery

kompetsie_14.jpg
kompetisie_12.jpg
kompetisie_9.jpg
 

Yourcomment

 

Comments - No comments yet